Wie is Aanlyn
Ons het 2 gaste aanlyn

                     

joomla visitor

Grensies Petite Afrikaanse Kleuterskool

 

Met die aanstelling van mnr Jan Brand as skoolhoof by Grenslaerskool is die behoefte van 'n Afrikaanse Dagsorgsentrum / Kleuterskool in Oos Londen raakgesien om as voedingsbron te dien vir die Grensskool familie.

stigtersb

Op 3 Augustus 2004 het Wemien Brand die skooltjie begin met sewe kinders en een voltydse werker. Die standaard van onderrig en versorging was van die staanspoor af van so hoë gehalte dat die skool binne die eerste jaar gegroei het tot 'n inskrywingstal van 30 kinders.

Tans word bykans 100 kinders geakkommodeer in vier uitstekend toegeruste klasse. 'n Waglys is in plek wat reeds volbespreek is vir jare vooruit, maar die skool sal glad nie kwaliteit onderrig inboet net ter wille van getalle nie.

Kinders word ingeneem van ouderdom twee tot die jaar voor graad 0.

Die amptelike logo van Grensies Petite is gedoop tot "PETITO" en is reeds 'n bekende naam regoor die hele Oos Londen.

Fasiliteite sluit in die vier uitstekend toegeruste klaskamers, met voldoende en baie veilge buite speel area. Sekuriteit en veiligheid van die kinders is eerste prioriteit, vandaar die dubbele toegangsbeheer wat ingestel is.

Aansoekvorms, klasprogramme sowel as die spyskaart is aflaaibaar onder die Inligting skakel. Maak dus seker dat jou kind 'n plekkie kry in die beste Afrikaanse Dagsorgsentrum in Oos Londen.

Verskeie daguitstappies word kwartaalliks onderneem en besoeke van instansies soos die brandweer, ambulansdienste en vele meer word op 'n gereelde basis gedoen.

dsc05285

 

VISIE  -  Grensies Petite streef daarna om jou kind te ontwikkel en te onderrig vanaf die eerste treetjies om 'n gebalanseerde kind te word wat vol selfvertroue die volgende stap na pre-primêre onderrig sal neem.

dsc05284

MISSIE  -  Alle kinders moet intellektueel, emosioneel, sosiaal en fisies ontwikkel word gedurende alle stadiums van hul ontwikkeling.

 

 

 

Peuters (2 jariges) word bygestaan om hul omgewing te ontdek

3 & 4 jariges word onderrig in basiese motoriese en perseptuele vaardighede

5 jariges word onderrig om voor te berei vir die fondasie fase van pre-primêre onderrig

Inhouds Gebaseer Buitemuurs
Bybel Onderrig Swem Klasse
Oriëntasie en Bespreking (Temas) Monkeynastics
Musiek Ontwikkeling Rekenaars
Kreatiewe Aktiwiteite Kindermuzik
Taal Ontwikkeling
Ge-organiseerde Speeltyd
Gebalanseerde Maaltye

 

 

Comments  

 
+1 #22 Delia Vermaak 2012-02-14 09:26
Baie dankie aan Grens Laerskool vir die deelname van Mej & Mnr Valentyns! Vir die Mamma's & Pappa's wat nie daar kon wees nie - al ons kindertjies het soos engeltjies gelyk en is almal klein wennertjies!
Quote
 
 
+1 #21 Quinton Bickle 2011-11-21 09:56
Hi Wemien en alle grensies onderwysers en hulp onderwysers.

Baie dankie vir 'n baie lekker aand Saterdag met die konsert. Dit was regtig besonders gewees en uitstekende werk van jul kant. Hoe julle dit regkry om die kinders sulke wonderlike werk te kan laat doen is regtig iets wat erkenning gegee moet word. Dit was regtig iets wat almal moes sien...en 450 kaartjies?! Jul moet maar die Guild kry vir jul konserte want dit raak net meer en meer gewild. Nogmaals baie dankie.
Quote
 
 
0 #20 2011-08-12 17:07
Baie Geluk met die Facebook Page, mag dit groooot gaan !
Quote
 

Add comment


Security code
Refresh